Die Nasionale Erfenisraad van Namibië, is ‘n statutêre organisasie van die regering van Namibië gestig kragtens die Nasionale Erfeniswet, No 27 van 2004. Die instelling bestaan sedert 2005 toe dit die Nasionale Gedenkwaardigheidsraad vervang het.
Dit is die nasionale administratiewe liggaam wat verantwoordelik is vir die beskerming van Namibië se natuurlike en kulturele erfenis.
Om kulture te versoen en die voordele van Namibië se erfenis en groei in ons diverse kulturele identiteite te deel.
Om die natuurlike en kulturele erfenis van Namibië te identifiseer, te beskerm en te bestuur.